Kom bou jou Rugby loopbaan op 'n goeie fondasie.
Of jy nou begin met jou rugby loopbaan en of jy reeds al jare besig is, daar is stappe wat jy kan volg om met rasse skrede vinniger te kan groei. Ek help jou om dit te ontdek.

Amptelike Lewens- & Loopbaanafrigter SKZN Rugby Akademie
(skznrugbyacademy.co.za)
Theuns lei 'n gestruktureerde mentorskap -en lewensafrigtigingsprogram vir spelers van die akademie, en stel hulle in staat om as uitstaande rugbyspelers en as veerkragtige jong volwassenes te groei wat voorbereid is vir die lewe na rugby.
Sowel as:
Rugga Skills Rugby Akademie se afrigters word ondersteun deur Theuns as hul Neuro Life Coach – om hul fokus, positiewe gesindheid en prestasie te versterk.
━ Ontmoet Theuns Steenkamp
Na meer as vier dekades van toegewyde diens in onderwysbestuur, die ontwikkeling van entrepreneurskap, en rugby-administrasie — waar ek waardevolle kennis, leierskapservaring en insigte opgedoen het — het ek met hernieude duidelikheid ontdek dat my skeppingsdoel steeds gewortel is in die begeerte om ander te bemagtig.
Ek glo vas dat die rykdom van ondervinding wat ek oor die jare opgebou het, nie net vir myself bedoel is nie, maar as ‘n instrument om jou te help om jou eie potensiaal ten volle te ontsluit.
Of jy besig is om 'n nuwe droom te bou, jou volgende stap te neem, of uitdagings in jou loopbaan of lewe te oorkom — my roeping bly om jou te ondersteun, te begelei en aan te moedig sodat jy met selfvertroue en sukses kan beweeg in wat jy ook al aanpak.
Ondersteuning om ‘n klein sake onderneming te laat groei en volhoubaar maak.
Raak bewus van jou eie vaardighede.
Gebruik ‘n gestruktureerde wetenskaplik gefundeerde model om jou te help deure oopsluit na ‘n groter inkomste potensiaal.
Help jou fokus op jou beste talente.
Bepaal wat is jou mededingende voordeel en rig jou plan van aksie daarop.
Kom ons ontwikkel meetbare instrumente om sukses te behaal.